4 Slaapkamer Houthuise

Houthuis Bouers - 4 Slaapkamer HouthuisHierdie is die grootste houthuis in ons huidige reeks en beslaan sowat 120m², maar dit is beslis nie beperk tot die uitleg en plan nie. Ons bou enige houthuis om jou behoeftes te bevredig, geen projek is te groot of te klein vir Gamagara Houthuise nie.

Hierdie gerieflike en groot houthuis is ideal vir ’n groot gesin of as oornag akkommodasie eenheid vir jagters en toeriste op ’n wilds- of gasteplaas. Met die gerief van 2 badkamers en ’n baie ruim 36m² leef area sal almal wat in die houthuis tuis gaan dit aangenaam vind. Die ruim 7,5m² kamers kan maklik met bunker beddens toegerus word om meer gaste te akkommodeer indien nodig. Die kamers is gerieflik toegerus met ingeboude kaste wat die pragtige gelamineerde vloer komplimenteer.

Die ruim 7m² stoep sal genoeg ruimte bied vir daardie laatmiddag skemerkelkie en gesellige samesyn. Die oopplankombuis beskik oor die basiese geriewe met gerieflike ingeboude kaste wat dit aangenaam maak indien almal in die leef area kuier terwyl daar kos gemaak word.

4 Slaapkamer Houthuis Voerplan:

Hierdie is slegs ‘n voorstelling van hoe ‘n standaard 4 slaapkamer houthuis lyk. Ons pas ons planne aan by ons kliënte se behoeftes en jy is welkom om jou eie plan te gebruik om jou houthuis uniek te maak.

Houthuis Bouers - 4 Slaapkamer Houthuis Plan

Kontak Ons:

Antonie Du Bruyn : 082 219 7190