Chalets

Gamagara Houthuise weet dat elke kliënt se behoeftes verskil en dit is wat ons ’n leier in die houthuis konstruksie bedryf maak. Ons Chalets is maar slegs nog een aspek in ons houthuis reeks. Ons doen met graagte projekte vir lodges, vakansieoorde, woonwaparke, gasteplase, wildsplase en eiendoms ontwikkelaars, geen projek is te klein of te groot nie.

Gamagara Houthuise spesialiseer in die ontwerp, bou en oprigting van alle tipes Chalets klein en groot met ’n moderne boustyl wat verseker in enige begroting sal pas. Met Chalets wat gebou is deur Gamagara Houthuise sal jou gaste en toeriste verseker weer en weer terugkeer na jou oord toe.

Gamagara Houthuise verskaf ’n professionele diens wat gekenmerk is deur hoë kwaliteit materiaal, vakmanskap en afwerking. Ons verskaf moderne Chalets wat vir enige doel aangewend kan word, vanaf ’n heenkome vir onverwagte gaste tot ’n stylvolle oord wat jou toerisme onderneming sal komplimenteer en laat uitstaan. Met ’n Chalet van Gamagara Houthuise kan jy verseker wees dat jy ’n goeie en duursame belegging maak.

Chalet Plan:

Hierdie is slegs ‘n voorstelling van hoe ‘n standaard Chalet lyk. Ons pas ons planne aan by ons kliënte se behoeftes en jy is welkom om jou eie plan te gebruik om jou houthuis uniek te maak.

Kontak Ons:

Antonie Du Bruyn : 082 219 7190