Granny Flat

Houthuis Bouers - Granny Flats & Granny Flat Plan

Gamagara Houthuise is ’n leier in Suid-Afrika as dit kom by houthuise en Granny Flats is geen uitsondering nie. Ons spesialiseer in die ontwerp en bou van alle Granny Flats met slegs die beste materiaal en vakmanskap teen die beste prys.

Gamagara Houthuise weet dat elke kliënt se behoeftes verskil en ons pas aan by ons kliënte se behoeftes en dit is wat ons ’n leier in die houthuis konstruksie bedryf maak. Of jy ’n eiendoms ontwikkelaar is wat graag ’n kompleks wil ontwikkel om te verhuur of net ’n gesin is wat graag ’n beter leefstyl wil geniet, ons help met graagte. Ons by Gamagara Houthuise spesialiseer in die ontwerp, bou en oprigting van alle tipes Granny Flats met ’n moderne boustyl wat verseker in enige begroting sal pas en jare lange genot sal verskaf.

Gamagara Houthuise verskaf ’n professionele diens wat gekenmerk is deur hoë kwaliteit materiaal, vakmanskap en afwerking. Ons verskaf moderne Granny Flats wat vir enige doel aangewend kan word, vanaf ’n heenkome vir jou ouers, ’n tiener houthuis tot ’n stylvolle kantoor wat jou tuisonderneming sal komplimenteer. Met ’n Granny Flat van Gamagara Houthuise kan jy verseker wees dat jy ’n goeie en duursame belegging maak.

Granny Flat Plan:

Hierdie is slegs ‘n voorstelling van hoe ‘n standaard Granny Flat lyk. Ons pas ons planne aan by ons kliënte se behoeftes en jy is welkom om jou eie plan te gebruik om jou houthuis uniek te maak.

Houthuis Bouers - Granny Flat - Plan

Kontak Ons:

Antonie Du Bruyn : 082 219 7190