Stap vir Stap

STAP VIR STAP BOU VAN HOUT HUISE

DEUR

GAMAGARA HOUTHUISE(PTY) LTD.

1 Uitsit, gate grou, pale plant en na hoogte gesny.

2

Drabalke geheg aan pale, met 12mm gegroefde stange, wassers en moere.

3

Vloerbalke, 400mm uitmekaar, geheg aan dra balke en met kreosoot geverf en 18mm “shutterboard” op vloerbalke geheg, met skroewe.

4

Buite muur rame word gebou op vloer, streng volgens SABS-082 standaard.

5

Stutte word ingebou en half “logs” met skroewe aan raam geheg.

6

Buite mure word geverf met Woodock. Rame is gereed om gelig te word en in plek te plaas.

7

Muur rame gelig en in plek en aan vloer geheg. LET WEL SLEGS MET SKROEWE, GEEN SPYKERS IN HEEL HUIS NIE!!!

8

Al die buite mure in plek. (Dak hoogte) mure met stutte waterpas.

9

Kappe word gemaak en opgesit.

10

Skuins kappe by hoeke met absolute akuraatheid geheg en opgesit.

11

Kappe word met plastiek oortrek en dak latte (38×38) word met skroewe aan kappe geheg.

12

Harvey teëls of Chromodek word op gesit en volgens vervaardigers intruksie geheg.

13

Dak op. Sien stutte in buite mure.Streng volgens SABS-082 standaard.

14

Plafon (16mm chipboard) in en met skroewe aan kap balke geheg. Buite mure word isolasie materiaal tussen balke geheg.

15

Binne muur rame in met elektriese koord met kassies in.

16

Binne mure gedek met 16mm chipboarde. Elektriese DB kas in plek en alle kragdrade deur getrek na DB kas. Alle skroef merke en laste gevul en gereed om geskuur te word.

17

Aluminium venster rame in openinge geplaas, geheg en binne af gewerk. Hout deurrame geplaas en geheg en af gewerk.

18

Vensters buite om af gewerk en geseel met silikon.

19

Buite skuifdeure en harde hout buite deure word af gewerk en geseel met silikon.

20

Binne mure word met “Pink wood primer” geverf en weer geskuur en gevul waar nodig.

21

Binne mure word twee lae PVA geverf. Vloere word skoon gemaak en gelamineerde vloere word ingesit streng volgens vervaardigers instruksies.

22

Voere in en vloerlyste in plek.

23

Vooraf vervaardigde stort ge-instaleer en in plek. (Storte word deur ‘n bekende Johannesburgse firma vir ons vervaardig spesiaal vir hout huise.)

24

Badkamer voltooi, geteël volgens die kliënt se voorskrif.

25

Badkamer sonder teëls, met gewone lamineerde vloer.

26

Badkamer met bad en stort.

27

Kombuiskas eenheid.

28

Spesiale dekke word ook gebou.

29 30Ingeboude kaste.

31

Spesiale deure volgens eienaars keuse.

32

Voltooide huis.

33

Voltooide huis.

34

Huis gebou volgens eienaar en argitek vereistes.

Houthuis Bouers

Huise op pale met parkering onder word ook gebou.